Ons eerste Media Borg geleentheid saam met die Vryburgers, deur Gerrit Bezuidenhout. Ek was vandag deur Ceres toe, waar daar vir 140 bejaardes gebraai is. Johann Brand het die vermaak verskaf.
Dit was ook die eerste dag wat Jou Stasie teenwoordig was, hulle is ons media borg vir ons Tamaaibraai 2020, en ons het elke Saterdag oggend tussen 08:00 en 09:00 ons Vryburger Omgee Uur program ook op Jou Stasie.