Sorita Musgrave
Ek is gebore in Namibië in ‘n klein kusdorpie, Walvisbaai. Ek was ‘n skaam kind wat kon lees voor ek skool toe gaan en het die liefde vir lees nog nooit verloor nie. Ek het vir 4 jaar in Europa geleef en gereis. Met my terugkeer het ek betrokke geraak by radio en die verhoog en my liefde vir die geskrewe woord groei elke dag. Ek is ‘n introvert/ekstrovert of dalk is dit ‘n ekstrovert/introvert. Ek hou van mense, ek hou van lag en ek gee om vir die mense om my. Ek geniet radio. Ek geniet die lewe. Ek het ‘n sin vir humor, ‘n sin vir avontuur en sal altyd iets ten minste een keer probeer. Ek is ‘n toergids met ‘n liefde vir ons land en al sy mense. Ek is ‘n wedergebore kind van die Here en probeer my lewe lei na Sy voorbeeld en leiding.