Sanette Carrick

Sanette Carrick

Ek is eerstens enkel ouer van twee pragtige volwasse dogters en daarna is ek ‘n Bemarking en Sosiale Media Esterne Konsultant.

My hoofdoel is om veral klein tot medium groote besighede te help om op die been te kom, vanaf naam registrasie tot die skep en bestuur van sosiale media platforms. Tradisionele en Digitale Bemarking en Advertering, Bemarking Strategie, Analise en vooruitskatting, “Branding” en vele meer.

Ek neem tydrowende werk uit jou hande uit sodat jy op jou kliente en verkope kan fokus. Jou sukses is my sukses.

My passie is reis, of dit nou die impulsiewe roadtrip vir die dag of ‘n nuwe mark op my pad is, of die beplanning en navorsing vir ‘n internasionale trip of ‘n nag in die Tankwa onder die sterre – my bloed bruis as die wiele kan draai. En natuurlik die heerlikheid van ‘n groot vuur saam met goeie vriende en familie!

Ek probeer my buurman se raad volg: moenie net ‘n mens wees nie, wees ‘n lekker mens!

Ek sien uit daarna om met jou te gesels oor alles wat lekker is!

Share This