Rooies Grobbelaar

Rudi Grobbelaar, oftewel, Rooies, soos almal hom ken, het min bekendstelling nodig. Hy is gebore in die Kaap, het groot geword in die Weskus / Namakwaland en dis waar sy hart lê! Rooies is ‘n sanger van beroep met ‘n groot passie vir die radio! Sedert sy debuut album in 1999, vermaak hy gehore met sy vrolike mensgerigte musiek en hou hy uitklopkonserte. Sy tiende album, KOEDOE BUL, het aan hom ‘n Ghoema Toekenning vir Beste Afrikaanse Boeremusiek Album besorg. Rooies is mal oor braai, kamp, kosmaak en sommer net lekker ontspan saam met vriende en sy kinders! “Die lewe is n lied! Dis wat jy daarvan maak!”.

Die 20 Jaar in die musiek bedryf, 7 jaar in die radiobedryf en “so paar ander goedjies tussenin wat my besig hou” het van Rooies ‘n mense-mens gemaak met ‘n goeie sin vir humor, ‘n liefde vir grappies maak en iemand wat daarvan hou om “smiles op ander se gesigte te sit”.

Rooies se program word met Trots geborg deur NASHUA PAARL

Share This