Peter Johansen
Ek is maar nog baie nuut in die radio bedryf, maar het wel ‘n nuwe passie ontdek. Ek voel baie geëerd dat Rooies my die voorreg gegee het om betrokke te raak hier by Jou Stasie. Anders as Radio, het ek ook my eie IT besigheid wat ek al vir amper 20 jaar bedryf. Ek is ook ‘n Tang Soo Do en Haedong Kumdo instrukteur en rug tans om en by 60 studente af in die Koreanse vegkunste. Ek het verlede jaar my 4de Dan in Tang Soo Do verower en ‘n Goud en Silver Medalje by die Tang Soo Do Wêreld kampijoenskappe verower in Londen waar ek SA verteenwoordig het in verskeie afdelings.
Anders as werk, geniet ek die buite lewe. Ek is mal oor kamp en lekker saam met vriende kuier. Tyd saam met my gesin is baie belangrik en maak die beste van elke situasie. Ek se altyd, moet nie probleme vir oplossings vind nie, vind oplossings vir probleme.