Michael Jonker

Musikant, Michael Jonker, is deel van ‘n bekroonde en baie gewilde tweestuk groep genaamd: Die Rooiwynprofeet. Vir Michael, wat grootgeword het in Kraaifontein en tans woonagtig is in Brackenfell in Kaapstad, is sy vrou, sy familie, sy vriende en sy musiek sy hele lewe.

Hy is gewild onder sy vriende, is ‘n vriendelike, bedagsame mens, geniet dit om die lewe te geniet en voluit te lewe, te lag en grappe te maak. Vanweë die toenemende gewildheid hou sy groep, Die Rooiwynprofeet hom tans baie besig, maar hy maak altyd tyd vir sy vriende en familie.

Michael sê: “Daar is nie veel meer oor my te sê nie. Wat jy sien is wat jy kry!”

Share This