Mary-Ann Prinsloo
Mary-Ann Wolstenholme Prinsloo is gebore en getoë in Kaapstad. ‘n Kapenaar in murg en been. Mary-Ann sê sy het al oral gewoon en gereis maar Kaapstad bly die mooiste stad ooit. “Jou Stasie het my droom van om ‘n radio aanbieder te wees, waar gemaak en gewys jy is nooit te oud om ‘n droom te bereik nie.” Mary-Ann het van kleins af uitgesaai, die weer, stories vertel en gedroom sy is ‘n joernalis, radio omroeper, tv aanbieder en predikant. As kind was sy verlief op lees en skryf. My grootmens lewe is ‘n kleurvolle storie, dit skop af as Joernalis by Die Burger sluit in Bemarkings en Media Bestuurder in die korporatiewe wêreld en direkteur van verskeie nie winsgewende organisasies. In 2007 trek Mary-Ann haar korporatiewe “the devil wears Prada” besigheids skoene uit bedank as direkteur by Sun International en volg haar hart en droom en gaan Bybelskool toe. Nou is sy ‘n predikant wat reg oor die wêreld preek en het niks stress nie. Mary-Ann het haar klein dogtertjie drome bereik, joernalis, radio, tv en preekstoel. Sy is die stigter van ‘n Internasionale vroue beweging “Sisterskeeper Movement” Sy is passievol om vrouens te bemagtig en te motiveer om hulle volwaardige plek in die samelewing in te neem. Sy is ‘n aktivis vir die Evangelie van Jesus en is die Stigter van Circle of Dreams Uitreik Bediening, Gospel en Missions for Africa met takke in Tanzania, Kenya, Malawi, Uganda, Nigerië en Ruwanda.
Sy is getroud met ‘n wonderlike man Francois, wat haar in als ondersteun. Elke suksesvolle Vrou het ‘n suksesvolle man wat agter haar staan sê Mary-Ann. Sy is ook die mamma van 7 kinders waarvan 3 aan geneem is en die jongste is 18mde. Mary-Ann sê sy leef elke dag voluit, haar lewe is soos n bottel sjampagne, bruis ALTYD en haar doel is om ander te motiveer om die lewe VOLUIT TE LEWE saam met God. Om ‘n Christen te wees is nie “boring” nie maar bevredigend. Sy wil ‘n boodskap van hoop uitdra met praktiese wenke hoe om ‘n beter mens te wees en ‘n impak te maak in jou wêreld. Mary-Ann is ook ‘n motivering en inspirasie spreker. Sy kuier elke Sondag oggend tussen 10 en 12 in haar program “In die Kollig” saam met ons luisteraars en het Altyd n woord van bemoediging vir die nuwe week.