Marilee Kenny
Marilee het as klein dogtertjie reeds “radio-radio” gespeel. In 2009 verwerf sy haar BA Drama Graad aan die Universiteit van Stellenbosch en vir byna 5 jaar hou sy haar lyf omroeper by ‘n radio stasie in die Kaap. Intussen sweer sy trou aan haar dierbare man en en in 2015 maak hulle dogtertjie, Ansolei haar opwagting. As nuwe Mamma besluit sy om die radio vaarwel te heet en al haar aandag en energie op hulle kindjie uit te stort. Marilee het ‘n groot passie vir teater, klankredigering, kinders, musiek en verhoog produksies en is ook sedert 2010 deel van die baie gewilde STORIESKIP KINDERTEATER. As gevolg van haar passie vir teater neem sy Storieskip na skole regoor die Wes-Kaap. Intussen brei haar dramaskool, DRAMarilee Performing Arts/Dramaskool uit en Marilee begin om haar eie produksies vir skool konserte te skryf.
In 2018 betree Marilee die gesondheidsmark met haar Getting Healthy with MammaMarilee en maak dit haar roeping om mense bewus te maak van goeie gesondheid asook om hul van top gehalte natuurlike aanvullers te voorsien. Sy bied ook klasse aan in sosiale en emosionele vaardighede by twee Montessori skole in die Wes-Kaap.
Jou Stasie se luisteraars en kindertjies kan uitsien na ‘n ontdekkingsreis met Marilee Jou Storie insetsels elke weeksaand om 19:00.