JP Muller
Ek is baie nuut in die radio bedryf en dit is ‘n nuwe uitdaging vir my. Ek voel baie geëerd dat Rooies my die geleentheid gee om betrokke te raak by Jou Stasie.
Ek het meer as twintig (20) jaar se ondervinding in uitvoerende bestuur, besigheidsontwikkeling, verkope en bemarking, projekbestuur wat dienste verskaf vir die olie- en gas- en krag- en nutsbedrywe. Ek verseker dat die hoogste prioriteit gegee word om die kliënt se behoeftes aan hoë kwaliteit dienste te verseker en te oortref. Ek het ‘n bekende nasionale en internasionale figuur geword in die industrieë wat ek bedryf.
Op 1 Mei 2021 het ek by Dekra aangesluit as ‘n konsultant om die Rigging & Lifting-afdeling vir Dekra Industrial RSA op te rig, dit sluit in die verantwoordelikheid vir die opstelling van die LME goedkeuring by die Departement by Arbeid, prosedures en dokumentasie-ontwikkeling en implementering, ondersteun die bestuur, groei, en uitbreiding van die Rigging & Lifting-dienste regdeur Suider-Afrika. Voor my aanstelling was ek die stigter en Besturende Direkteur van ACUMAX (Edms) Bpk wat op 1 Augustus 2011 deur SGS Suid-Afrika gekoop is, ek was ook die Besigheidsbestuurder vir SGS Industriële Dienste vir Suid-Afrika. Ek het toe op 17 November 2014 by EnerMech aangesluit as die Algemene Bestuurder vir Hyskrane afdeling in Afrika en later die verantwoordelikheid aanvaar om die Nywerheidsafdeling vir Afrika op te rig as die Algemene Bestuurder – Nywerheidsdienste. Op 5 Januarie 2017 het ek by uNyazi aangesluit om die Nywerheidsafdeling as die Direkteur – Nywerheidsdienste op te stel en op 1 Augustus 2019 het Lesedi Nuclear Services uNyazi Sales & Services gekoop.
My ander liefde is ook die gevegskuns wat reeds in 1979 begin het om my selfverdedigingsvaardighede te ontwikkel waar ek eers met Amateurstoei begin het en na ‘n paar jaar by die plaaslike boksklub aangesluit het. In 1983 het hy ook in Shotokan Karate begin oefen terwyl ek geboks het, tans neem ek nog deel aan karate toernooie en het my Volle Ere Noord-Vrystaat kleure verwerf in 1989. In 2018 het ek aan die WUKF Karate Wereld Kampioenskap deel geneem en ‘n derde plek (bronze medalje) verower vir die veteran kumite (geveg) afdeling. Gedurende my leeftyd het ek ook kruisoefeninge gedoen in ander verskeie gevegskunste soos Gojo-Ruy, Judo, Kung Fu en Brasiliaanse Jiu Jitsu. In my skooljare was ek ook ‘n baie aktiewe sportman wat 1ste span rugby, atletiek en landloop gespeel het. Ek was ook vir 3 jaar deel van die senior militêre drilbataljon. Ek het in 1989 by die Suid-Afrikaanse Polisiemag aangesluit en het die SAP verteenwoordig in boks, rugby en atletiek.
In my 10 jaar aktiewe diens in die SA Polisie was ek eers oorgeplaas na die Onluste-eenheid 8 in Pietermaritzburg, daarna was ek oorgeplaas na Spesiale Wag-eenheid in Kaapstad, daarna by die Kaapstad Speurders aangesluit en toe weer oorgeplaas as ‘n speurder na Woodstock-Speurtak waar ek die rang van Adjudant Speur Offisier (Speur Inspekteur) was.
Ek hou tans ‘n swart gordel (3rde Dan) in karate en ook ‘n gereistreede COBRA Internationale Selfverdediging Instrukteur. Ek is die stigter en eienaar van Brackenfell Shotokan Karate Akademie en ook COBRA Selverdediging Akademie. Ek ding ook mee in Praktiese Skiet (IPSC & IDPA). Ek geniet ook gholf, jag, scuba duik, visvang en kamp.
Ek is ook ‘n gesinsman, getroud met met Amelia en ons het twee pragtige dogters Ingè en Anjè. Ek glo ‘n gesinsgrondslag moet gebou word op godsdiens, onderwys en sport.
.