Jou Stasie
OOR ONS
Jou Stasie is ‘n Familie Internet Radio Stasie waar JY as Luisteraar saak maak! Dis ‘n lekker luister stasie sonder enige fieterjasies! Hier kan jy 24 uur per dag na die lekkerste en beste musiek luister! Ons speel vir JOU net die heel Beste Afrikaanse Musiek, Musiek van Toeka tot Nou, die beste Country en Boeremusiek asook Musiek wat JOU voete sal laat dans!
ONS INSPIRASIE… is JY!
Ons hoofdoel is om JOU as luisteraar te vermaak. Dis ‘n stasie oor Afrikaners, vir Afrikaners, vir JOU in JOU Taal!
ONS RADIO PERSOONLIKHEDE
Ons programme word deur ‘n verskeidenheid televisie, radio en wel bekende persoonlikhede aangebied om aan JOU die beste vermaak te verskaf. Van ons omroepers is gesoute Afrikaanse omroepers en ander het hul merk in die media of kunste gemaak. Gesamentlik bied ons vir JOU net die beste onthou-tye wat JOU lank sal bybly. Hier maak ons ‘n verskil aan JOU dag!
GELEENTHEDE
Jou Stasie bied aan elke kunstenaar, groot of klein besigheid, die kafee op die hoek of klein tuindienste die geleentheid om by Jou Stasie gehoor te word! Deur ‘n baie bekostigbare maandelikse bydrae te maak kan JY ‘n stem hê en gehoor sowel as gesien word. Elke persoon, kunstenaar of besigheid kan nie ‘n sosiale media verteenwoordiger aanstel of astronomiese advertensie kostes bekostig nie. Dit is waar ONS die verskil maak. Maak vandag nog die regte keuse en vind uit hoe JY betrokke kan raak!
