Jan-Willem van Houwelingen
Jan-Willem van Houwelingen is ’n Kapenaar met ’n passie vir musiek, die kunste, en mense. Nadat hy deeltyds jazz gestudeer het aan die Jazz Workshop in Kaapstad, het hy ’n diploma in hedendaagse musiek verwerf van die Campus of Performing Arts, waar hy gespesialiseer het in kitaar, musiek as bedryf, en musiekvoordrag. Vir sowat tien jaar was hy ’n voltydse kitaarspeler, sanger, liedjieskrywer en klankingenieur, en vanaf 2013 tot 2019 het hy as musikant op verskeie luukse internasionale toerskepe opgetree. As hy nie die Wes-Kaap met sy motorfiets verken nie, toer hy saam met sy band.