Ian Muller
Ek is in Bellville gebore en daar ook my eerste skooljare deurgebring. My geheue
van kindwees was die van ons huis in Boston Bellville. Daarna verhuis ons na
Kraaifontein waar ek in 1980 gematrikuleer het aan die Hoërskool Eben Dönges
Kraaifontein.
Op daardie stadium van my jong volwasse lewe wou ek baie rigtings gaan studeer,
maar het eers my 2 jaar diensplig gaan voltooi aangesien my Pa ‘n weermag
offisier was en, “It Was the natural thing to do – like farther like son”.
My Ma het by die ou Naspers nou Media 24 gewerk. Na my diensplig het ek by die
destydse Trust Bank Bellville, as kassier begin. My paadjie in die korporatiewe
wêreld het my na baie mooi plekke in Suid Afrika geneem om Projekte te
implementeer en opleiding te gee.
Na vele omswerwinge het ek my uittrede uit die korporatiewe wêreld aangekondig
en het daarna ‘n paar draaie gaan maak in verskeie vak gebiede tot die noodlot my
in ‘n klein kusdorpie laat skuiling soek het vir 5 jaar.
Dit was hier waar ek my eerste kennismaking met die radio omroep werk gemaak
het. Ek was bevoorreg om een van die mees gesoute en hoogs ervare omroepers
as pedagoog te kon hê vir die 5 jaar wat ek werksaam was as radio omroeper en
stasie bestuurder.
Maar tydens die “Covid” pandemie het ons almal by die stasie die eerste 2 jaar
redelik min uitsaai werk gedoen vanuit die ateljee, aangesien daar soveel
onsekerheid was rakende “Covid”. Ek het in my 5de jaar besluit om terug te trek
Noordelike voorstede toe.
En hier is ek vandag by “Jou Stasie”. Ek het met my terugkeer verskeie radio
stasie bestuurders gekontak vir ‘n moontlike tydslot maar dit was nie vir my
beskore nie. En die laaste radio stasie wat my gekontak het vir ‘n onderhoud was
“Jou Stasie” “ and the rest is history as they say”.
Dit is fantasties om weer terug te wees agter die mikrofoon en ‘n verskil te kan
maak in mense se lewens. Klein of groot dit maak nie saak nie want ek glo dat ons
‘n opdrag ontvang het van Die Skepper daar Bo om dit te doen, of liewer dit was
my opdrag.
“ And I shall follow as you lead”.