Gerrit Bezuidenhout

Gerrit is gebore en getoë in Ceres. Na skool was hy vir 7 jaar in die SA Lugmag en is toe weer terug Ceres toe.

In 2017 het hy Kaapstad toe getrek en betrokke geraak by die Toerisme bedryf.

Twee goed wat hom na aan die hart lê is Die Voortrekkers en die Vryburgers. ‘n Ruk na Jou Stasie se begin nader hy vir Rooies om te hoor of Jou Stasie nie dalk bereid sal wees om ‘n tydgleuf af te staan waar die Vryburgers hulle betrokkenheid by verskillende hulp projekte aan die luisteraars kan deurgee nie.

Dit is dan ook hoe hy betrokke geraak het by Jou Stasie as omroeper en ook om te help met ander funksies binne Jou Stasie.

Share This