Gerhard Schaap

Gerhard Schaap

Ek is gebore in Gauteng, en het ‘n baie groot gedeelte van my lewe daar deurgebring, en het uiteindelik myself kom vestig in die mooi Kaap.

Na matriek het ek my jaar Nasionale diensplig in die Suid Afrikaanse Lugmag Voltooi. Na my diensplig het ek vir 6 maande in die Verenigde Koninkryk gaan werk en so bietjie die Engelse platteland gaan toer en daarna is ek weer terug Suid Afrika toe.

Ek het vir 5 jaar vir Absa gewerk en daarná 21 jaar vir Wesbank. Ek was ook bevoorreg om 21 jaar vir Oos-Rand Stereo 93.9 Fm uit te saai en het my kontrak ten einde gekom in 2017.

Ek en my familie het Kaap toe getrek in 2023 en hier is waar ek wil wees en ek voel sommer tuis hier in die Kaap.

Share This