Ettiene Marais

Ettiene Marais, gebore op Vredendal aan die Weskus, lê na 20 jaar as Kolonel in die Suid Afrikaanse Polisiediens, die tuig neer en besluit om voltyds betrokke te raak by sy grootste liefde, die Bediening.

Ettiene is ‘n gesinsman, getroud met Lee en het twee pragtige kinders. Hy is tans Senior Leraar by die Oase Familiekerk in Kuilsrivier, is ook reeds die afgelope 22 jaar betrokke as radio omroeper by onder andere Radio Tygerberg, en tree ook op as motiverings spreker, afslaer, pa en predikant.

In Ettiene se eie woorde: “Ek is sommer net ek!”

Share This