Esme Strydom

Ek is net ek. Soos hulle sê ‘what you see is what you get’. Ek is die ‘weird’ een met ‘n liefde vir die lewe en mense. Ek hanteer elke persoon met dieselfde respek en liefde. My hele lewe gaan nog altyd om ‘n verskil te maak en dit sal altyd my passie bly. Ek is in ‘n verhouding en het ‘n 18 jarige dogter wat ek self grootgemaak het en sy is my trots want sy is ‘n pragtige vrou met ‘n goeie hart en ‘n liefde vir ander.

Ek het grootgeword in Johannesburg en sing al vandat ek 5 jaar oud is. My passie as kind was om ‘n sangeres te word en ook ‘n onderwyseres, maar die lewe gee jou wat my nodig het en nie noodwendig wat jy wil hê nie. Ek het drama lesse gevat na skool en het gewerk om my sangloopbaan op die been te kry. Dit het nie uitgewerk nie maar ek het soveel ander kanse gekry in die lewe en ek is dankbaar vir dit want die lewe het my baie lesse al geleer en my gebring tot waar ek nou is.

16 Jaar terug, saam my dogter, het ons die groot trek Kaapstad toe gemaak. Ons was nog nooit spyt nie.
Alles wat ek aanpak doen ek met 100%

In 2020 het ek die kans van ‘n leeftyd gekry om vir n aanlyn radio stasie te gaan werk as omroeper en net daar het die gogga gebyt. Musiek was nog altyd my passie en omdat ek van praat hou is ‘n omroeper so in my kraal. Dit wil ek vir altyd doen.

Ek is ‘n tipiese mense persoon, ‘n positiewe vrou met ‘n lus vir die lewe!
Die lewe mag my dalk hard slaan partykeer maar ek bly nooit lê nie. Ek is reguit, eerlik en ‘n God geliefde mens.

My leuse is: I am me, nothing else I’d rather be.

 

Share This