Dirk Gallowitz
Dirk Gallowitz kwazi renjaer, motorjoernalis, omroeper en sakeman. Daar is nie einde aan Dirk se vaardighede en belangstellings nie. In die vroeë tagtigs begin Dirk om deeltyds as instrukteur vir gevorderde motorbestuur asook vryskut motor joernalis te werk weens sy passie vir motors en gaan doen later Sendingwerk in Afrika.
Tydens sy omswerminge in Afrika begin hy ‘n radiostasie – in die Ooste van Uganda. In 2004 raak hy Mede-stigterslid en Operasionele Direkteur van Radio Weskus in Vredenburg. In 2015 sluit hy aan by Sonskyn Radio as Operasionele Direkteur en tree ook op as gewilde omroeper met sy Motors en Motorsport Progam. Weens sy betrokkenheid vroeër in sy lewe by die Boeremusiek Gilde en wye kennis van musiek bied hy ook die Weskus Kwêla Boeremusiek asook die Country Klanke programme aan. Dirk is ‘n opperste spoedvraat, is gaande oor vinnige motors en Arabiese perde, besit selfs sy eie perdestoet, ‘n skiboot, is eienaar van ‘n aktiewe Go-Kart Baan en tree soms op as Stuntman in rolprent produksies.
Hy is tans Voorsitter van die SAGMJ Wes-Kaap en ook lid van die Exco (South African Guild of Motoring Journalists), Jurilid van SACOTY South African Car of the Year Competition), Stigter van Ultimate Drive Media, Groep Redakteur van Ultimate Drive Western Cape, asook vryskut joernalis vir Republikein Namibia, Pro Agri, Autodealer Lowveld en verskeie ander aanlyn publikasies.
Dirk het ‘n passie vir Afrikaans, is lief vir sy mense en is ‘n ware omgee mens.