Ben Bezuidenhout

Ben Bezuidenhout

Bennie Bezuidenhout (Bennie B)

Ek het groot geword in Welkom, Vrystaat.

My skoolloopbaan was Laêrskool Bedelia en Hoërskool Goudveld.

Ek gaan einde 1976, op 15 jarige ouderdom, uit die skool om op die Spoorweë te werk.

18 maande later gaan werk ek op die myn in Welkom.

In 1983 gaan bly ek in Randfontein en werk by ‘n myn.

In 1984 trou ek met Elma Bekker, ‘n nooi van Wesselsbron, Vrystaat, en is nog steeds gelukkig getroud.

Ek werk op die myn tot Februarie 2021, tree af en verhuis na Melkbosstrand.

My stokperdtjies was warm karre, motorfiets ry, kitaar speel, musiek (luister, maak en skryf) en waveski-branderry.
Op die oomblik is dit die laaste drie.

Kyk asb my videos op YouTube: @benniebezuidenhout1192

In Februarie 2021 bring Peter Johannsen my na Rooies en kry ek die geleentheid om country musiek aan te bied by Jou Stasie. Ek geniet dit geweldig en gradeer ‘n jaar of so later op na rock musiek, toe Jan-Willem sy gleuf opgee.

Die Rock Show gleuf is Donderdag-aande 20:00 tot 22:00.

Share This