Marius Swanepoel

Marius Swanepoel is gebore in 1993 en het gematrikuleer aan Tygerberg Hoërskool. Marius was al van jongs af in die vermaaklikheidsbedryf en was sedert ‘n jong ouderdom al op verhoë te sien. Op die ouderdom van 13 jaar was Marius nie meer ‘n onbekende naam in die sangbedryf nie en hy was orals te sien by feeste landswyd. Marius is op die ouderdom van 17 genomineer as die Wes-Kaap se nuwe gunsteling opkomende kunstenaar by plaaslike radiostasies. In 2008 het Marius sy debuut album, DAAR IS HOOP, uitgereik en het verskeie toekennings ontvang asook ‘n toekenning vir sy liedjie Engele, ‘n Duitse erkening in die kategorie – Beste Ballade Internasionaal. Sy musiek wissel tussen ligte kontemporêr tot en met inspirerende musiek. Direk na skool het hy sy kursus in radiowese voltooi en die mikrofoon nader geskuif. Sedert dan was hy op meer as vyf verskillende radio stasies te hore en het nou homself tuis gemaak by Jou Stasie.

Share This