Johan de Jager

Johan het grootgeword in Durbanville en het alreeds daar sy liefde vir die kunste, (veral musiek en teater) ontdek en ontwikkel. As leerder was hy deel van die Tygerbergse Kinderkoor en later sy talente gebruik by die Suid Afrikaanse Jeugkoor. Dit was nou as hy nie op sy eie “radio-stasie” gespeel het as jong seun nie. Na skool het Johan ‘n BA Graad in Drama en Teaterstudie verwerf wat hy spesialeer het in klank en dit opgevolg met ‘n BA.Hons in Film en Media (Redigering). Hy was ook deel van Stellenbosch se Universiteitskoor. Oorspronklik het Johan gewerk op verskeie reekse vir die Afrikaanse Televisiebedryf en homself later bevind as area-bestuurder vir die Wes Kaap vir die Hanna Charity and Empowerment Foundation. Sy fokus area is Cloetesville, Stellenbosch en oor naweke geniet hy sy tyd op die lug saam met Jou Stasie elke Sondag!

Share This