Hein van Wyk

Hein, soos almal hom ken, is gebore op Strydenburg in die Noordkaap as Jan Hendrik van Wyk. Sy liefde vir Radio en musiek kom van kleins af en hy onthou dat hy eendag vir sy Ma gese het: “Moederlief, daar is net een van twee goed wat ek wil word in die lewe en dit is of ‘n Predikant of ‘n Omroeper”. Hoewel hy toe later wel gepraktiseer het in die Teologie, het sy liefde vir die Radio by hom gebly en het sy loopbaan uiteindelik as omroeper afgeskop in die jaar 2000 by Kingfisher Radio in Port Elizabeth. In 2001 trek hy en sy gesin Kaap toe en raak hy deel van die Radio Tygerberg span. In 2008 sluit hy aan by die destydse Radio Houtstok in Eden on the Bay en so raak hy in 2011 deel van Bok Radio span in Brackenfell, Kaapstad. Na ongeveer 5 jaar by Bok Radio besluit hy egter om die tuig vir eers neer te le en voltyds op sy “dagwerk” as Spanbestuurder by Clover te fokus, maar sy liefde vir Radio het bly knaag.

Hein het ‘n onwrikbare passie vir goeie menseverhoudinge, musiek en die radiowese en dit is iets wat hy glo sy “Hemelse Vader my by geboorte gegee het en ek dank Hom daarvoor”.

Share This