Darius Stanford

​Die radio-gogga byt Darius Stanford, gebore Brackenfeller, reeds op Hoërskool. Dit is dan ook net vanselfsprekend dat hy in 2008 sy eie internet radiostasie begin, Extreme FM en hy kommandeer sy vriende in sy straat op om saam met hom te bou aan sy droom. Maar werksverpligtinge, vrou-vat en kinders grootmaak raak prioriteite en Darius moet vir eers sy droom opsy stoot. Sy liefde vir die uitsaaiwese bly egter staan en uiteindelik bekwaam hy homself as Netwerk Tegnikus by ‘n lokale seinverspreider. Tans is Darius die stasie se eie Tegnikus, Seinverspreider, Sagteware Ontwikkelaar, Musiek Programmeerder en sommer alles agter die skerms! Hy is ook ‘n gesinsman, is getroud met Diana en het drie pragtige kinders. Darius is passievol oor die radiowese en is ‘n perfeksionis in sy werk.

Hy maak sy debuut as omroeper op “regte radio” by JOU STASIE!

Share This