Annette Havenga

​“Aptekerswese mag dalk my kwalifikasie wees, maar media, elke vorm daarvan is my passie!” So verklaar Jou Stasie Omroeper, Annette Havenga. Sy vermaak jou op naweke met haar program, Fynskrif. Sy is ‘n skrywer van formaat, het haar eie blog en maak gereeld haar stem dik oor sake wat haar na aan die hart lê. As Ambassadeur en Projek Assistent vir Hanna Charity & Empowerment Foundation is sy ”all for upliftment en empowerment” en is redelik uitgesproke oor die minderbevooregtes en natuurlik die stil slagoffers van mishandelde diere en kinders. Sy sien uit daarna om JOU geselskap te hou en ingelig te hou met die nuutste nuus, verkeer en ander aktuele sake.

Fynskrif word met trots geborg deur BIOMEDICAL EMPORIUM.

Share This