Elmarie Potgieter

Ek is gebore in Queenstown – Oos Kaap. Ek is die middel kind van 3x dogters. Ons het groot geword in Vredenburg, waar ek in die Laerskool was, en vandaar Somerset Wes (Laerskool en Hoerskool), waar ek gematrikuleer het.

Musiek is my passie. En nee, ek het nie ‘n stem vir sing nie! My stem is my vingers op die klawers. Ek het op 8-jarige ouderdom begin orrel speel. Ek het elke jaar aan die Yamaha Electone Orrelfees deelgeneem. Vandaar natuurlik my liefde vir die Keyboard/Synthesizer, asook die klavier, blokfluit, en regtig enige musiek instrument wat ek kan baasraak. Ek skryf liedjies al vanaf 15-jarige ouderdom, maar net vir my eie gebruik. Ek het vir ‘n paar jaar op die skepe gewerk (Bahamas, Caribbean, Europa), waar ek in my private tye as solo pianis opgetree het.

In die radio bedryf was ek betrokke by Radio Houtstok as omroeper, daarna by Radio Suid Afrika, as Stasie Bestuurder en omroeper.

Musiek is my passie, my lewe en my ‘doepa’ wat my laat glimlag en lewe elke dag …….. (O, en moenie my liefde vir diere vergeet nie! Hulle is my kinders! Ek is altyd besig om uit te kyk vir diere wat nie huise het nie!!!)

Share This